Shahnameh

Shahnameh

Die Shahnameh (Boek van Konings, Persies: شاهنامه ) is 'n groot poëtiese opus (samestelling) deur die Persiese digter Ferdowsi. Die boek is rondom 1000 n.C. geskryf.

Die Shahnameh bevat ongeveer 50000 versreëls wat elk uit twee koppels (verse met twee reëls) bestaan.[1] Die Shahnameh is een van die langste epiese gedigte ter wêreld, en een van die grootste literêre werke van die Persiese taal. Dit vertel hoofsaaklik die mitiese, en tot 'n sekere mate, die historiese, verlede van die Persiese Ryk vanaf die skepping van die wêreld tot die Arabiese verowering van Iran in die 7de eeu. Moderne Iran, Azerbeidjan, Afghanistan en die groter streek wat beïnvloed is deur Persiese kultuur (soos Georgië, Armenië, Turkye en Dagestan) vier hierdie nasionale gedig.

Die werk is van die grootste belang in die Persiese kultuur en Persiese taal, wat as 'n literêre meesterstuk beskou word, en definieer die etno-nasionale kulturele identiteit van Iran.[2] Dit is ook belangrik vir die hedendaagse aanhangers van Zoroastrianisme deurdat dit die historiese bande tussen die begin van die godsdiens en die dood van die laaste Sassanidiese heerser van Persië tydens die Moslem-verowering opspoor wat die Zoroastriese invloed in Iran beëindig.

Faramarz, suen van Rostam, betreur die dood van sy vader, en sy oom, Zavareh.
  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named TIO20100513
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named iranicaonline

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search